Afrikaans Bible

JESAJA 34

JESAJA

Return to Index

Chapter 35

1

 

 Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing; 

 

 


2

 

 dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die L¡banon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle d  r sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God. 

 

 


3

 

 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. 

 

 


4

 

 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos. 

 

 


5

 

 Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. 

 

 


6

 

 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis. 

 

 


7

 

 En die gloeiende grond sal 'n waterplas word, en die dorsland fonteine van water; in die plek van die jakkalse waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies. 

 

 


8

 

 En d  r sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir hulle sal dit wees; wie die weg bewandel -- selfs die dwase sal nie dwaal nie. 

 

 


9

 

 D  r sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel; 

 

 


10

 

 en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg. 

 

 


JESAJA 36

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: